Plant vanjaar AGT Foods se Vlagskip Lusernkultivars
| 9th July 2018– goedkoop en gerieflik danksy bestrykte saadtegnologie
AGT Foods het danksy internasionale samewerking met leiers in die bedryf, die AgriCOTE® bestrykingsproses vervolmaak. Die produk word deurlopend deur middel van toegewyde navorsing verbeter. Die AgriCOTE bestrykingsproses is hoogs gevorderd, gemeganiseerd en verleen homself uitstekend tot die akkurate toediening van geselekteerde middele wat maksimum voordeel vir die produk inhou:
- Walter van Leeuwen (links) van Seed Genetics International (SGI) in Australië en Jacques Cilliers van Hartswater. SGI is die telers van AGT se vlagskip-lusernkultivars: Icon (dormansie 7 kultivar) en SuperSonic (dormansie 9 kultivar). Jacques se oudste SuperSonic lusern is nou reeds in hul derde seisoen en dit produseer steeds uitstekend. Hy plant gewoonlik 35 kg/ha AgriCOTE bestrykte saad.
- Andreaco le Grange (links), ‘n AGT Foods agent en Michael Jacobs van Douglas.
- Michael Jacobs het 37 kg/ha AgriCOTE bestrykte SuperSonic geplant. Die plantestand was >700 plante/m² kort na vestiging. SuperSonic het uitstekend genoduleer en Michael was uiters beïndruk met die eerste seisoen se produksie.
- Charl Naudé van Cookhouse het 35 kg/ha AgriCOTE bestrykte Super- Sonic en Icon geplant.‘n Gemiddelde plantestand van >520 plante/m² is kort na vestiging behaal. Beide kultivars het met hul eerste seisoen se produksie beïndruk.
- Andreaco le Grange en Jacques Verster van Luckhoff. Jacques het 42 kg/ha AgriCOTE bestrykte Icon geplant. Die plantestand was >550 plante/m² kort na vestiging. Icon het uitstekend in sy eerste sei- soen by Jacques geproduseer.